Sampo

Die diefstal van die Sampo, deur Akseli Gallen-Kallela (1897).

In die Finse mitologie is die Sampo (soms bekend as Sammas of Kirjokansi) 'n towertoestel of voorwerp wat op baie maniere beskryf word. Dit is deur die ystersmid Ilmarinen gebou en het rykdom en goeie geluk gebring aan die eienaar daarvan. Nadat die Sampo gesteel is, het Ilmarinen se vaderland deur swaar tye gegaan. Hy het 'n ekspedisie gestuur om dit te vind en terug te bring, maar in die daaropvolgende geveg is dit gebreek en het dit ter see verlore gegaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia ยท View on Wikipedia

Developed by Tubidy